
=====================================================================
Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans se veilige hawe elders

Matilda Smith   kom met 'n pleidooi uit Poznan (Posen) en Praag terug: reik die hand na kollegas in die buiteland wat alles veil het vir 
Afrikaans.

PROF. JERZY KOCH   van Pole het al in Afrikaans Vandag laat blyk dat hy die siening van die Nederlandse politikus dr. Ad Nuis deel:   
wanneer jy Afrikaans lees, kry jy die gevoel dat dit Nederlands is wat baie lank in die son gel het. Nadat Koch sy Poolse voete vir die 
eerste keer in 1992 op Suid-Afrikaanse bodem gesit het, het hy en vele ander dosente oorsee daarvoor gesorg dat baie dinge met Afrikaans in 
die buiteland gebeur.

Dr. Koch se passie vir Suid-Afrika en Afrikaans is werklik iets om oor te kraai. S voel ek sommer dadelik toe ek April vanjaar met my twee 
voete op Poolse bodem te staan kom en na Koch se uitstekende Afrikaans luister terwyl hy oor Afrikaans voortbabbel: sy studente, die 
Afrikaanse sillabus, sy vertalings. Dr ver in die vreemde praat ons toe sowaar 'n sondeurdrenkte Afrikaans tot my kop draai.

Vir die volgende drie weke sou ek Afrikaans praat, nie net in Pole nie, maar veral in Praag in Tsjeggi, want my taak was om Afrikaanse 
lesings aan drie universiteite in die twee genoemde lande te gee. Groot was my verbasing toe ek vind daar is reeds twee studente in Pole 
wat besig is met Afrikaanse temas vir hul meestersgrade. Een student werk oor die Afrikaanse Bybelvertaling en 'n ander oor van ons ouer 
literatore soos F.E.J. Malherbe en Rob Antonissen.

'n Mens besef dadelik dat dit vir hierdie studente 'n wonderlike geleentheid sal wees as hulle Suid-Afrika sal kan besoek en eerstehands 
kennis oor hul studierigtings kan opdoen. Die studente van mev. Hanny Visser   in Praag het inderdaad hul hartsbegeerte uitgespreek: om 
Suid-Afrika te besoek. Hulle stel ook belang in Afrikaanse penvriende. Taalstudie word besonder hoog aangeslaan deur hierdie Oos-Europese 
lande, veral noudat die Kommunisme sy greep op die lande verloor het. Daar is 'n behoefte om uit te reik na ander lande en kulture.

Terwyl my lesings in Pole meestal die Afrikaanse televisie as tema gehad het, moes my lesings in Praag die bre veld van taal en kultuur 
dek. Ek het dus Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiek gespeel om te illustreer hoe die verskillende kulture hul neerslag in die verskillende 
musiekvorms vind. Dit was Afrikaanse musiek van die Briels tot en met Battery 9. Die studente het selfs aan Lucas Maree   'n e-pos gestuur 
na aanleiding van sy musiek en nadat hulle 'n Afrikaanse artikel oor hom gelees het.

Vir NALN het die studente 'n gedig van N.P. van Wyk Louw,   "Jy't weggegaan", in Tjseggies vertaal. Daarna het ons stilgestaan by die 
Afrikaanse televisiedrama en 'n paar kortverhale uit die kortverhaalboek Taxi. Tekste is so gekies dat ons gesprekke kon h oor die 
verskillende Afrikaanse registers en dialekte. "Ou" Afrikaans en "nuwe" Afrikaans is met mekaar vergelyk en in die loop daarvan het die 
land se politieke situasie ook ter sprake gekom. Dit was veral die multikulturele aard van Suid-Afrika wat die studente gefassineer het. 
Hulle is egter sterk gekant teen die televisiekultuur in Suid-Afrika. Populre kultuur het nog nie werklik 'n houvas op Pole en Tsjeggi 
gekry nie.

Afrikaans word besonder wyd bestudeer buite ons eie kontinent, sodat dit wat ek beleef het, eintlik maar net 'n druppel aan die emmer is. 
Buiten Koch en Visser is daar nog dosente wat Afrikaans in die buiteland onderrig. Hulle is onder andere: Wilken Engelbrecht en Edna 
Deudney in Olomouc; Andr Ignatenko in Moskou; Igor Bratus in St. Petersburg; Bob Kirsner in Los Angeles; Jacques du Plessis in Utah en 
Paul Roberge in Noord- Carolina.

Dit is duidelik dat daar baie drome in die buiteland rondom Afrikaans gespin word. Gelukkig is daar mense wat die Afrikaanse naelstring, 
wat reeds lande in die buiteland bind, broodnodige voeding gee. Ek dink vinnig aan Coenie de Villiers   en Lucas Maree, wat van hul musiek 
saamgestuur het na Koch in Pole en Visser in Praag, waar hulle ook Nederlandistiek aanbied. Prof. Jaap Steyn, NALN en Van Schaik Akademies 
is ook nie suinig om materiaal te skenk nie. Maar meer as net tasse vol boeke is nodig. 'n Werklike verbintenis is nou nodig. S voel dr. 
Koch se departementshoof.

In Pole het dit gou vir my duidelik geword dat Koch se departementshoof ook klaar gewen is vir die saak om vir Arikaans 'n stewige 
staanplek in die Nederlandistiekprogram te gee. "Welcome, welcome," groet hy my hartlik terwyl ons ons jasse uittrek en ophang, want 
skielik speel die koue geen rol meer in die heerlik verhitte gebou nie. Hy vertel my weer alles wat Koch my reeds vertel het, maar ek 
luister graag, want dis een van die pragtigste verhale wat daar oor Afrikaans te vertelle is, glo ek.

Prof. Jacek Fisiak   is die hoof van die Departement Engels by die Universiteit van Poznan, en Nederlandistiek en Afrikaans vind in hierdie 
departement hul tuiste. Nie dat dit te lank die geval gaan wees nie, want albei hierdie manne beywer hulle daarvoor dat Koch uiteindelik 
onafhanklik van die Department Engels sal funksioneer. Dit is albei se droom dat Koch 'n lewensvatbare Afrikaanse biblioteek sal h en dat 
hy 'n kollega sal kry wat hom sal help om die kursus aan te bied.

Koch en Fisiak het albei die behoefte uitgespreek dat akademici van so twee of drie universiteite hier in Suid-Afrika aktief moet help met 
die ontwikkeling van kurrikula in Afrikaans. Hierdie hulpkreet kon seker nie op 'n moeiliker tydstip gekom het nie, want met die 
uitkomsgerigte eise wat deur die witskrif op tersire onderwys aan ons eie sillabusse gestel word, het ons meer as net baie hooi op ons 
vurke. Wat die saak nog verder bemoeilik is die feit dat Koch voel die sillabus moet spesifiek op die Europese student gerig wees. So 'n 
sillabus moet die Europese student se verwysingsraamwerk betrek en voorsien in spesifieke behoeftes. Op hierdie punt frons Fisiak: maar 
Afrikaanse akademici moet nie net buiteland toe kom vir hul eie plesier en met verskuilde agendas in die mou nie. Hulle moet toegewyd wees.

Koch knik sy kop ter beaming. Hy voel dat Vista 'n belangrike rol kan speel omdat Afrikaans se situasie by die Universiteit Vista baie 
ooreenkomste toon met die universiteite in Europa waar Afrikaans aangebied word. Prof. Hennie van Coller   is reeds besig om groot werk ten 
opsigte van behoeftebepalings in hierdie verband te doen, aldus Koch.

Fisiak en Koch kan nie wag dat ons oor die kontinente heen daadwerklik hande vat nie, sodat Afrikaans die son op sy lyf kan ervaar op meer 
plekke as net in Afrika. Dr. Matilda Smith   is verbonde aan die Departement Afrikaans aan die Universiteit Vista in Bloemfontein.

Matilda Smith met twee buitelandse leerders

Terug na bo     Foto: Matilda Smith met twee buitelandse leerders.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av549.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

